Jump to content

Kwelvrae

This page is a translated version of the page FAQ and the translation is 100% complete.

Inligting van algemene aard

Wat is Wikimania?
Die jaarlikse samekoms van die Wikimedia-geesdriftiges wat aan vele vrye en ope projekte deelneem, waarvan die Wikipedia - die vrye ensiklopedie - die grootste is. Vyf jaar ná die samekoms in Buenos Aires keer die Wikimania terug na Latyns-Amerika. Ons gaan gesprekke oor vrye kultuur, opvoeding, tegnologie en vele ander temas aanbied. Die verrigtinge is vir iedereen toeganklik: deskundiges, wetenskaplikes, geesdriftiges en ja, ook die nuuskieriges!
Waaroor gaan Wikimania 2015?

Die Wikimania 2015 is geen gewone konferensie nie: jy word trakteer met 'n wye verskeidenheid aktiwiteite, insluitende praatjies deur deskundiges, werkswinkels, blitsbesoeke, ontmoetings, 'n hackathon, partytjies en algemene kletspraatjies tussen Wiki-geesdriftiges van regoor die wêreld. Dit word in die Biblioteca Vasconcelos in Meksikostad vanaf die 15de tot die 19de Julie 2015 aangebied. Daar gaan baie verrigtinge wees waaraan 'n ieder en 'n elk kan deelneem!

Waar kan ek my inskryf?
Die registrasietydperk het nog nie begin nie. Wag asseblief tot verdere kennisgewing.
Is daar miskien afslag of beurse beskikbaar?
Lees asseblief Beurse.
Wat moet ek saambring?